More About Boeremark

Boeremarkte in Suid-Afrika is gewilde bymekaarkomplekke waar boere en plaaslike verskaffers hul vars produkte aanbied. Hier kry jy onder andere vars vleis, groente, melk, boeretroos en ’n groot verskeidenheid kos en drinkgoed.

By elke boeremark kan besoekers uitsien na tradisionele lekkernye soos koeksisters, pannekoek, melkkos, vetkoek, roosterbrood en heerlike braaivleis. Daar is ook gewoonlik ’n wye reeks handgemaakte en oorspronklike produkte te koop, van kuns en handwerk tot tuisgemaakte spesialiteite.

Besoek jou naaste boeremark vir egte plaasvars produkte en ’n groot verskeidenheid unieke goeters om te koop en te geniet.